Local newsNews

Best of Parys: Gou spring – nominasies sluit vandag

Die afsnytyd vir nominasies is 15:00 vanmiddag, 4 Mei.

Onthou nominasies sluit vanmiddag om 15:00 vir vanjaar se Best of Parys-toekennings. Maak seker jy mis nie dié geleentheid om daardie besigheid wat vir jou uitstaan as dit kom by kliëntediens en tevredenheid, en waar geen moeite ooit te veel gevra is nie, op die digitale nominasievorm te nomineer.

Volg die skakel – https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2026-best-of-parys/ om die besigheid van jou keuse te nomineer. Jy kan meer as een onderneming in die onderskeie kategorieë nomineer, maar slegs aanlyn nominasies word aanvaar omdat die kompetisie in digitale formaat aangebied word.

MooiVaal Media, eienaar van Parys Gazette, gee vanjaar vir die derde jaar agtereenvolgens, lesers die geleentheid om deel te neem aan hierdie projek om ook op dié manier erkenning te gee aan uitblinker-sakelui in Parys.

Sodra nominasies gesluit het, sal lesers aanlyn stem vir die wenners van die onderskeie kategorieë.

Of dit nou ‘n restaurant, loodgieter-onderneming, apteek, gastehuis, hardewarewinkel of watter onderneming ookal is wat jou as kliënt beïndruk met uitstaande diens – hier is jou kans om jou stem te laat hoor.

Onthou – die spertyd vir nominasies is 4 Mei om 15:00.


Moenie wag nie – onthou nominasies sluit 4 Mei.

Slegs aanlyn nominasies word aanvaar omdat die kompetisie in digitale formaat aangebied word. Jy kan besighede in verskeie kategorieë nomineer.

Sodra nominasies gesluit het, sal lesers aanlyn stem vir die wenners van die onderskeie kategorieë.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button