Local newsNews
Parys en Hennenman spook sake uit in finaal
Ondersteuners is welkom om die tuisspan te kom ondersteun wat tot dusver 'n skitterende seisoen op die netbalbaan gehad het.
Parys-netbalklub speel môre, Maandag 18 Mei, in die finaal van die Platteland-netballiga teen die span van Hennenman. Dit volg nadat Parys Viljoenskroon in die semi-finaal geklop het met ‘n eindtelling van 27-10 in Parys se guns.
Maandag se finaal begin om 19:15 en word gespeel by Hoërskool Parys se netbalbane.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



