Parys-veerpyltjieklub se uitblinkers by die Vrystaat-toernooi is van links Ciara Schwartz, Lee Mostert, Thelma de Crezenzo en Von-Marie Taute. Foto: Verskaf
Die grootste groep nog van die Fezile Dabi-distrik, het verlede naweek aan die Vrystaat-veerpyltjie-toernooi in Harrismith deelgeneem.
Von-Marie Taute van Parys en Thelma de Crezenzo van Kroonstad, het by die toernooi ‘n eerste plek en goud in die damespare-afdeling verower.
Lee Mostert en Ciara Schwartz, albei van Parys, het gespog met ‘n tweede plek en silwer, ook in die damespare-afdeling. Parys-klublede wat in die Fezile Dabi spanne ingesluit is vir die SA toernooi in Kaapstad wat gedurende Julie sal plaasvind, is Collin King, Von-Marie Taute, Charl Coleske, Ockert Grobler en Cornea Viljoen.
Parys-veerpyltjieklub se uitblinkers by die Vrystaat-toernooi is van links Ciara Schwartz, Lee Mostert, Thelma de Crezenzo en Von-Marie Taute. Foto: Verskaf
Cornea is ook ingesluit in die Vrystaat Meesterspanne wat by die toernooi gaan speel. Parys-veerpyltjieklub is baie trots op al die spelers met die uitstaande prestasies wat behaal is.
Van links agter is Piet van Rensburg, Reynard Mostert, Lee Mostert, Willie Visagie, Ciara Schwartz, Colin Page, Charl Coleske, Christo van der Berg, Heath Fourie, Danie Schoonraad, Gino de Creszenzo, Ockert Grobler, Ewan van Rensburg, Dolf Jacobzs en Collin King. Voor is Leonie Kruger, Estha Leith, Cornea Viljoen, Von-Marie Taute, Thelma de Crezenzo, Elzane Visagie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.