Local newsNews

‘Besoeker’ vas ná hy dwelms, selfone by gevangenis probeer insmokkel

Sekuriteitsbeampte by een van die toegangshekke van die fasiliteit, het die dwelms en selfone by die man gekry.

n 53-jarige man sal Maandag in Sasolburg voor die hof verskyn op aanklagte van die besit van dwelms ná ’n voorval by die Groenpunt Korrektiewe Sentrum by Deneysville waar hy probeer het om dwelms en selfone in die gevangenis in te smokkel.

Die dwelms en selfone is by die man gekry tydens roetine-soekprosedures by een van die hekke van die fasiliteit. Met die aanvanklike roetine-soekprosdure het amptenare twee selfone en selfoonlaaiers tussen die ‘besoeker’ se besittings ontdek.

Met ‘n meer deeglike deursoeking in die teenwoordigheid van korrektiewe amptenare, is pakkies met verskeie dwelms by die man gekry waaronder dagga, nyaope, kristalmetamfetamien, en addisionele selfone, laaiers, en los sigarette gekry is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button