Local newsNews
Waarskuwing: R59-botsing, pad gesluit vir verkeer
Nooddienste is op die toneel en motoriste is gewaarsku om alternatiewe roetes te volg.
Die R59 tussen die N1 oorbrug en Sasolburg is tans gesluit vir verkeer na ‘n ernstige botsing tussen ‘n dieseltenkwa en ‘n motor. Die tenkwa het met die impak van die botsing aan die brand geslaan.
Een persoon is op die toneel oorlede. Die bestuurder van die vragmotor kon egter betyds uit die wrak kom.
Nooddienste is op die toneel.
Vermy asseblief die roete en volg alternatiewe roetes.
- Vanaf Parys gebruik die Barrage-pad na Sasolburg
- Vanaf Sasolburg neem die R57 via Barrage-pad na Parys en die N1.

Motoriste kan ook druk verkeer op alternatiewe roetes verwag. Beplan ekstra reistyd en hou by spoedgrense en volgafstande.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



