Man vir besit van dwelms in Vrystaatse dorp gearresteer
Inligting wat die polisie ontvang het, het tot die man se arrestasie gelei.

ʼn 40-Jarige man sal Maandag voor die landdroshof in Viljoenskroon verskyn op klagte van die besit van dwelms.
Die man is Vrydagoggend, 13 Junie gearresteer nadat die polisie inligting ontvang het.
Sewe sakkies crystal methamphetamine en ʼn gedeelte van ʼn Mandrax tablet is deur die polisie in die man se huis gevind waarop daar beslag gelê is, het sersant Josephine Rani gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



