Local newsNews
Minder gat meer pad danksy gat vasvat
Elke twee weke word hier reggemaak om Schilbachstraat in die omgewing van Blikoortjies-kleuterskool weer rybaar te kry.
Danksy die inisiatief van Blikoortjies-ouers en personeel, en met die hulp van inwoners van Schilbachstraat, is daar weer vandag moue opgerol om oorlog te maak teen die slaggate wat die straat veral in die omgewing van die kleuterskool, byna onrybaar gemaak het.
Nadat daar twee weke gelede tydens ‘n pothole braai begin is om slaggate in Schilbachstraat op te vul, kon daar alreeds ‘n groot verskil gesien word.
Al die materiaal vir die gatvasvat is geskenk en is die plan om elke twee weke stuk-stuk reg te maak van Grens- tot by Uniestraat.




At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



