Local newsNews

Dit is wat kiesers wil sien verander ná die munisipale verkiesing

Stemlokale is Sondag oop van 08:00 tot 17:00 sodat kiesers kan seker maak hulle is geregistreer vir die komende munisipale verkiesing.

Die herstel van paaie, stabiele krag- en watervoorsiening, werksgeleenthede, en ‘n einde aan korrupsie is wat kiesers in die Ngwathe munisipale gebied die graagste wil sien ná die landwye munisipale verkiesing wat vanjaar op 4 November gehou word.

Stemgeregtigde kiesers het hierdie naweek geleentheid om seker te maak dat hulle wel geregistreer is vir die verkiesing. Stemlokale sal nog môre van 08:00-17:00 oop wees waar kiesers kan gaan seker maak of hulle geregistreer is, vir die eerste keer gaan registreer, of herregistreer as jy sedert die vorige verkiesing van adres verander het.

Stem waar jy geregistreer is

Anders as met ‘n nasionale verkiesing sal jy slegs kan stem by die stemlokaal waar jy geregistreer is.

Jy het slegs

  • Jou ID-dokument (groen ID-boekie, smart ID-kaart of geldige tydelike identifikasie sertifikaat) nodig wanneer jy na die stemlokaal gaan tydens registrasienaweek.
  • Geen bewys van adres is nodig nie.

Personeel vriendelik en behulpsaam

Met Gazette se besoek aan stemlokale in Parys het kiesers gesê dat OVK-personeel baie vriendelik en behulpsaam was. Mense is binne minute in stemlokale gehelp, en meeste stemlokale het betyds Saterdag oopgemaak.

Slegs enkeles het minute laat hul deure Saterdag oopgemaak, en behalwe vir hier en daar probleme met stemlokale wat van lyn af was, het alles vlot verloop. Selfs waar stemlokale van lyn af was, kon kiesers steeds gehelp word.

Belangrik om te stem

Kiesers met wie Gazette gesels het, was dit almal eens dat dit belangrik is om te stem in die komende munisipale verkiesing.

Elize du Toit en Marianne Jansen van Rensburg het dit saamgevat met die woorde – as jy nie stem nie, kan jy nie kla oor omstandighede of wat verkeerd is nie. “Elke stem tel,” sê hulle en gaan hulle beslis hul kruisies op 4 November trek.

Elize du Toit en Marianne Jansen van Rensburg
Elize du Toit en Marianne Jansen van Rensburg glo dit is belangrik dat elke stemgeregtigde kieser wel hul kruisie sal trek tydens die komende munispale verkiesing.

‘n Kieser wat op voorwaarde van anonimiteit met Gazette gesels het, het gesê hy is bekommerd oor die korrupsie op regeringsvlak, en sukkel om werk te kry. Hy hoop dat die verkiesing ‘n verskil sal maak.

Dries en Elise Wilken en Bozena Gluchowski het gesê dat water- en kragprobleme en die verval van paaie van die grootstes frustrasies is wat mense in die Ngwathe munisipaliteit beleef.

Elise Wilken en Bozena Gluchowski het gesê dat water- en kragprobleme en die verval van paaie van die grootstes frustrasies is wat mense in die Ngwathe munisipaliteit beleef.

Gluchowski is van Pole maar bly reeds 45 jaar in Suid-Afrika. Sy het nog met elke verkiesing gestem.

Meeste stemlokale vroegoggend stil

Hoewel meeste stemlokale in Ngwathe vroegoggend stil was, en die koue mense weggehou het, het politieke partye met wie Gazette gesels het gesê dat baie kiesers vooraf al by die onderskeie partye hul registrasiestatus nagegaan het, of aanlyn geregistreer het.

Interessante feite oor registrasienaweek

  • Die biblioteek was van die bedrywigste in die dorp met 40 kiesers wat net na 11:00 Saterdagoggend by die stemlokaal was.
  • Hoërskool Parys is vir die eerste keer ‘n stemlokaal, terwyl die stadsaal nie soos met vorige verkiesings ‘n stemlokaal in Parys is nie.
die stadsaal in Parys gestem het, sal met die munisipale verkiesing by Hoërskool Parys stem.
Kiesers wat voorheen by die stadsaal in Parys gestem het, sal met die munisipale verkiesing by Hoërskool Parys stem.
  • Die enigste tydelike stempunt in Ngwathe is die tent naby Parys Distrik-hospitaal.
Die tent naby Parys Distrik hospitaal is die enigste tydelike stempunt in Ngwathe.
Die tent naby Parys Distrik hospitaal is die enigste tydelike stempunt in Ngwathe.
  • Ngwathe het in totaal 53 stemlokale, en sal Heilbron vir die eerste keer na die munispale verkiesing nie meer deel van die Ngwathe Munisipaliteit wees nie, maar wel deel van die Metsimaholo Munisipaliteit.

Hoe maak jy seker of jy geregistreer is?


As jy twyfel of jy as kieser geregistreer is vir die verkiesing, kan jy jou registrasiestatus nagaan by

  • registertovote.elections.org.za,
  • jou plaaslike OVK-kantoor gedurende kantoorure by die Forum gebou besoek,
  • die OVK se webtuiste volg by www.elections.org.za,
  • of jou ID-nommer SMS na 31810.
  • Jy kan ook tydens die registrasienaweek, 20-21 Junie, by jou stemlokaal gaan seker maak of jy wel geregistreer is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button