Local newsNews

Die room van SA se boerboele by internasionale skou in Parys

Toegang vir beide dae by die AfriDome is gratis.

Parysenaars en besoekers aan die dorp het hierdie week geleentheid om die room van die land se boerboele van 55 telers uit alle provinsies te sien by die Suid-Afrikaanse Boerboel Telersgenootskap (SABBS) se internasionale skou. Die skou word Vrydag 26 Junie, en Saterdag 27 Junie by die AfriDome in Parys gehou.


‘n Totaal van sowat 308 boerboele sal beoordeel word deur twee internasionale, en twee Suid-Afrikaanse beoordelaars.

Feyta King Arthur, 'n boerboel van eienaar Samone Oosthuizen, saam met die kalfie Kallie. Foto: WildfireM Photography
Feyta King Arthur, ‘n boerboel van eienaar Samone Oosthuizen, saam met die kalfie Kallie. Foto: WildfireM Photography


Volgens Lititia Kruger, voorsitter van SABBS sal die Junior-kampioenskapklasse Vrydag vanaf 08:00 tot 14:00 beoordeel word. Saterdag se program begin ook om 08:00. en sal Junior en Senior-klasse dan beoordeel word, met die hoogtepunt van die program – die aankondiging van Hond van die Jaar wat die middag plaasvind.


Kruger het mense genooi om te kom kennis maak met die trotse boerboel, SA se eie landras-hond. Dit is ‘n uitstekende geleentheid om te gesels met telers, te kyk na die honde wat gaan deelneem, en meer te leer oor hierdie ikoniese ras.

Klein Sandfontein Jaxen van eienaar Lititia Kruger wat ook die pragtige foto geneem het.
Klein Sandfontein Jaxen van eienaar Lititia Kruger wat ook die pragtige foto geneem het.


Besoekers van Europa en Amerika word by die skou verwag, en is daar selfs ‘n deelnemer uit Botswana.


Die Boerboeltelersgenootskap het 650 lede in bykans elke deel van die wêreld behalwe Antarktika.

Toegang vir beide dae is gratis vir besoekers. Kom ondersteun AfriDome en die SA Boerboeltelersgenootskap.

“Ons kan nie wag om julle hier te sien nie,” het Kruger gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button