Atlete van die lug klap vlerke vir wenplek
Duiwesport is 'n sport van toewyding en 'n gesig om te sien wanneer hierdie atlete van die lug vlerke sprei om hul pad huis toe te vind.
Sodra die winterkoue kom is dit tyd vir duiwe wedvlugte om in alle erns te begin vir lede van
die plaaslike Legendsduiweklub.
Einde Mei was die eerste wedvlugte vir die seisoen wat oor vier maande strek. Maar om dié sport te beoefen verg toewyding, en soos met elke goeie atleet is voorbereiding en die regte dieet deel van die wenresep, vertel dié duiweboere.
Ses weke voor die vliegseisoen begin, word die duiwe sowat 10 km van hul huis losgelaat om terug te vlieg. Daarna – elke keer ’n bietjie verder.
Met die loslaat word die duiwe in alle rigtings gelos om hul huis weer te kry.
Vandat die duiwe gespeen is, word hulle op ‘n broeimengsel geplaas om goeie bou te bevorder. Alle
vlugduiwe word ook geënt teen moontlike siektes.
As jy wonder oor die eienskappe van die ideale vliegduif, is fiksheid beslis nommer een. Slegs duiwe wat topfiks is, word vir die wedvlug ingeskryf.
Geen duif met ‘n siektetoestand soos kanker, koksidose en sirkelvirus
neem aan wedvlugte deel nie.
Donderdae is mandjieaand, en ‘n groot bedrywigheid wanneer die elektroniese ring om die duiwe se pote geskandeer word om hulle outomaties in te skryf vir ‘n wedvlug.


Sodra die duiwe ingeskryf is, word die diere in hokke op die vragmotor gelaai, wat vanaf Parys ry, en eers
in Vanderbijlpark aandoen voordat daar ook op Deneysville gestop word om nog duiwe te laai.
Met die kosbare vrag word daar dan vertrek na die punt vanwaar die duiwe vir die naweek sal vlieg.

Sodra die duiwe na ‘n vlug by die huis land, word hul weer geklok met ’n elektroniese apparaat.
Dit is ‘n sport van toewyding en ‘n gesig om te sien wanneer hierdie atlete van die lug vlerke sprei om hul pad huis toe te vind.

Reddersburg en Christiana uitslae
Reddersburg Jaaroud 1
Maree-hokke – 1ste, 7de, 12de, 15de, 20ste, 21ste, 24ste
Aspeling-hokke – 2de, 5de, 29ste
MJ Lofts – 3de, 11de, 30ste
Mathee Biesae-hokke – 4de
Nollie Meintjies – 6de, 9de, 13de, 16de, 22ste, 23ste, 27ste, 28ste
Sys van Rooyen-hokke – 8ste, 10de, 14dem 18de, 25ste, 26ste
UJDUR-hokke – 17de, 19de
Reddersburg 2 Ope
Aspeling-hokke – 1ste, 5de, 6de, 9de, 15de, 16de
MJ Lofts – 2de, 14de
UJDUR-hokke – 3de, 4de, 21ste
Maree-hokke – 7de, 10de, 11de, 18de, 20ste
Nollie Meintjies – 8ste, 22ste, 23ste, 24ste, 26ste
Sys van Rooyen-hokke – 12de, 13de, 17de, 19de, 25ste, 27ste, 28ste, 29ste, 30ste
Christiana 1
Aspeling-hokke – 1ste,
2de, 6de, 8ste, 12de, 15de, 13de
Sys van Rooyen-hokke – 3de, 4de, 10de, 14de
Nollie Meintjies – 5de, 7de
Maree-hokke – 9de, 11de, 13de, 16de
Christiana 2
Sys van Rooyen-hokke – 1ste, 22ste, 28ste, 30ste
Maree-hokke – 2de, 3de, 6de, 18de, 27ste, 29ste
Aspeling-hokke – 4de, 7de, 8ste, 10de, 11de, 15de, 17de, 19de, 21ste
UJDUR-hokke – 5de, 12de, 14de, 23ste, 25ste
MJ Lofts – 9de, 16de, 20ste, 26ste
Nollie Meintjies – 24ste
Die afgelope naweek is daar van Bloemfontein en Kimberley gevlieg en het Legends-klublede die volgende posisies behaal
Bloemfontein 2 Jaaroud
Maree-hokke – 1, 10, 12, 13, 14, 17, 23, 27, 30
Nollie Meintjies – 2, 6, 7, 8, 16, 18, 19, 20, 21, 28, 29
Matthee Biesae-hokke – 3, 9, 15
UJDUR-hokke – 4, 11
Aspeling-hokke – 5, 24, 25
Sys van Rooyen-hokke -22,
MJ Lofts – 26
Bloemfontein 4 Ope
Maree-hokke – 1, 2, 3, 5, 6, 10, 12, 17, 22, 29
Nollie Meintjies – 4, 7, 14, 15, 16, 18, 20
MJ Lofts – 8, 9, 26, 27, 28
Aspeling-hokke – 11, 13, 19, 30
Sys van Rooyen-hokke – 21, 23, 25
UJDUR-hokke – 24
Kimberley 2
Nollie Meintjies – 1, 6, 15, 22, 23, 27, 30
Sys van Rooyen-hokke – 2, 7, 18, 25
MJ Lofts – 3. 5, 11, 12, 13, 19, 21, 26, 28, 29
Aspeling-hokke – 4, 8, 9, 10, 14, 16, 17, 20. 24
Kimberley 1
Nollie Meintjies – 1, 3, 11, 12, 13
Sys van Rooyen-hokke – 2, 7, 10
Aspeling-hokke 4, 5, 6, 8, 9



