Local newsNews

Bloemfonteinse teler stap weg met toptoekenning

Beoordelaars by die skou het onder meer na die honde se algemene voorkoms, temperament, beweging en posering gekyk.

Die room van die land se boerboele van 55 telers uit al nege provinsies was die afgelope week by die AfriDome in Parys te sien tydens die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersgenootskap (SABBS) se internasionale skou.


Altesaam 308 boerboele is deur twee internasionale en twee Suid-Afrikaanse beoordelaars beoordeel. Uiteindelik was dit Ziyaad Issa, eienaar van die 19 maande oue Bandit Orion, wat met die toptoekenning weggestap het as die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersgenootskap se Hond van die Jaar vir 2026. Ziyaad is eienaar van Bandit Boerboels in Bloemfontein, en ook die ondervoorsitter en Vrystaatse verteenwoordiger van SABBS met sy 650 lede.


Ziyaad het in totaal ses wenplekke ingepalm, waaronder Grootkampioen Senior Reun.

Daar was ook groot vreugde toe die 14-jarige Sergio Kannemeyer as Internasionale Hanteerder van die Jaar aangewys is. Sergio, ‘n graad 9-leerder aan Curro Durbanville, het in 2023 begin skou. By vanjaar se skou behaal eerste plekke in klas 3A, klas 3B, Junior Handler 2, klas 6 B en die Familie klas. Hy wen die Sub-Junior Female Champion klas, sowel as die Sub Junior Male Champion klas en Junior Champion Male. Dan spog hy ook met die titel Reserve Grand Champion Male, ‘n derde plek in Klas 4B, tweede plek in die Junior Handler 2-klas en ‘n tweede plek in klas 3B.

'n Groot oomblik toe Ziyaad Issi se 19 maande oue Bandit Orion met die toptoekenning weggestap het as die SA Boerboeltelersgenootskap se Hond van die Jaar vir 2026. Links is Litita Kruger, voorsitter van die SA Boerboeltelersgenootskap. Foto: Liiezl Scheepers
‘n Groot oomblik toe Ziyaad Issi se 19 maande oue Bandit Orion met die toptoekenning weggestap het as die SA Boerboeltelersgenootskap se Hond van die Jaar vir 2026. Links is Litita Kruger, voorsitter van die SA Boerboeltelersgenootskap. Foto: Liiezl Scheepers


Die jongste vertoner was die driejarige Herlu Klopper.


Beoordelaars by die skou het onder meer na die honde se algemene voorkoms, temperament, beweging en posering gekyk.


Boerboele is nie net indrukwekkend in voorkoms nie, maar is ook bekend vir hul trouheid, gewilligheid om hul families te beskerm, asook hul gehoorsaamheid en intelligensie. Besoekers van onder meer Europa en Amerika het die skou bygewoon om die beste van dié ikoniese ras te sien.

Die 14-jarige Sergio Kannemeyer is as Hanteerder van die Jaar aangewys. Foto: Liezl Scheepers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button