Jou stem vir ons toekoms
Jou besluit om te stem, kring veel wyer uit as die kruisie wat jy op stemdag maak.
Vir Andrew Jones van Piece of Parys Café is om te stem die besef dat hierdie ons wêreld, ons land is.
“Dit is jou burgerlike reg om te stem. Wees gemotiveerd om daardie reg uit te oefen, want jy stem na regte vir jouself. As jy wegbly van die stemlokaal, het jy nie ‘n stem nie.” En dit is ook die motivering agter sy en mede-eienaar Audrey Chantel Goosen, se briljante idee waarmee hulle vorendag gekom het om kiesers te motiveer om op stemdag hul kruisies te gaan trek.
Hulle bied kliënte wat die OVK se duimmerk kan wys dat hulle op 4 November gestem het, 10% afslag op hul rekening.
Die idee is wyd verwelkom en het vele komplimente uit die gemeenskap, en van die Parys Business Chamber
gekry waarvan hulle lede is.

kruisies te trek.
Audrey vertel dat sy self vroeër een van die wegbly-stemme was, totdat sy Andrew ontmoet het wat haar laat besef het hoe belangrik jou stem werklik is.
“Ons moet ons waardes besef sodat ons kan leef volgens daardie waardes,” sê sy.
“Dan alleen kan jy ‘n positiewe impak maak, en is dit ook haar utgangspunt in alles wat sy aanpak”, gesels sy.
“Jou besluit om te stem, kring veel wyer uit as die kruisie wat jy op stemdag maak. Jy stem vir ‘n beter Parys, beter strate,
beter werksomstandighede, beter verhoudings, en die lysie is nog baie langer.”
“Ek stem vir ons, ek stem vir Parys, want ons het direkte belang daarby om te belê in ons dorp”, voeg Audrey by.
Beide sy en Andrew gaan self ook hul kant bring op stemdag en is geregistreer by die OVK as stemtellers.

Hul slagspreuk vir stemdag – You vote for our future, we brew for the thanks.
You gave Parys 10% more at the polls, we give you 10% back at the till.



