Local newsNews

Registreer – dis mos mahala

Suid-Afrikaners sal op 4 November landwyd hul stem uitbring in die munisipale verkiesing.

Jy’t reg gelees – 100% mahala, Dit kos jou nie ‘n sent om aanlyn te registreer om te kan stem in die komende munisipale verkiesing op 4 November.

Volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) is daar geen data koste vir aanlyn registrasies nie, en daarom geen verskoning vir kiesers om nie te registeer om te stem nie.

Met net ‘n paar vinnige stappe op jou selfoon kan jy registreer of jou adresbesonderhede opdateer by https://www.registertovote.elections.org.za

As jy nie aanlyn wil registreer nie is daar nog ‘n laaste kans om op 1-2 Augustus in persoon te registreer by stemlokale tydens die OVK se finale registrasienaweek voor die munisipale verkiesing.

As jy onseker is waar die korrekte stemlokaal is om te registreer gaan na https://maps.elections.org.za/vsfinder/

Wanneer jy na ‘n stemlokaal gaan om te registreer het jy slegs jou ID-dokument (groen ID boekie of ID-kaart) of ‘n geldige Tydelike Identiteitsertifikaat nodig. Geen bewys van adres is nodig nie, maar jou adres sal wel gevra word.

Onthou ook dat andes as met ‘n nasionale verkiesing, jy nie by enige stemlokaal kan stem as jy geregistreer is nie. Vir ‘n munisipale verkiesing moet jy stem by die stemlokaal waar jy geregistreer is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button