Driedubbele liga-trots vir Hoërskool Parys
Parys spog met drie kampioenspanne in die Valke Afdeling 4-liga.
Nie een nie…nie twee nie, maar drie liga-oorwinnings was vandag op die feestafel vir Hoërskool Parys se rugbyspanne wat na vandag die trotse kampioene in die Valke Afdeling 4-liga is.
Dit nadat Parys se o.14-span Suiderlig verslaan het met ‘n wentelling van 24-0 in Parys se guns. Parys se o.15’s het op hul beurt die span van Carel de Wet verslaan met ‘n wentelling van 38-5.
Daarna het Parys se eerste span die spreekwoordelike kersie op die koek gesit toe hulle Hoërskool Anker verslaan het met ‘n wentelling van 27-12 in Parys se guns. Die wedstryde is in Meyerton beslis.
Aldrie Parys se kampioenspanne dring nou deur na die stryd om die Noordvaal-beker wat volgende week afskop.






