Local newsNews
‘Window shopping’
Genadiglik was daar nie voetgangers op die sypaadjie toe die voorval gebeur het nie.

ʼn Fiat Punto is net voor 13:00 vanmiddag tydens n fratsongeluk in Philipstraat vanuit die skuinsparkering voor die Pick n Pay-Sentrum, oor die sypaadjie waar dit teen Jet se winkelvensters tot stilstand gekom het.
Niemand is in die voorval beseer nie maar daar is skade aan die winkelvenster.
Genadiglik was daar geen voetgangers op die sypaadjie ten tyde van die voorval nie.
Parysenaars sal ook onthou dat ʼn motor al voorheen ook deur Truworths in Kortstraat se winkelvenster is waar destyds groot skade aangerig is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



