Local newsNews

Munisipaliteit verduidelik oor voorafbetaalde kragmeters

Inwoners behoort teen vanmiddag weer soos vroeër te kan krag koop by eksterne punte.

Verbruikers van voorafbetaalde kragmeters in die Ngwathe dorpe (Parys, Vredefort, Koppies, Heilbron en Edenville) behoort teen vanmiddag weer by alle verkooppunte soos voorheen voorafbetaalde elektrisiteitskoepons te kan koop. Alle aanlyn banktoepassings behoort ook teen môre op die laatste transaksies vir kragaankope te kan prosesseer, tewyl sommige banktoepassings soos Capitec reeds van die naweek af kragaankoop-transaksies geprosesseer het.

Chaos met aankope vir voorafbetaalde kragmeters het Vrydagmiddag uit die bloute begin toe verbruikers skielik nie meer voorafbetaalde elektrisiteit by eksterne verkooppunte of op banktoepassings kon koop nie. Dit was die gevolg van die munisipaliteit se migrasie na MBL Smart Solution as diensverskaffer vir sy voorafbetaalde elektrisiteitsverkope.

Mense, veral in Parys en Heilbron, het sedert Saterdag in lang rye by die munisipale kantore gestaan nadat voorafbetaalde krag hoofsaaklik by die munisipale kantore gekoop kon word tydens verlengde kantoorure.

Volgens Bungani Radebe, Ngwathe se bestuurder: Inkomste, is dit normale praktyk dat munisipaliteite voorafbetaalde kragverkope aan ‘n eksterne diensverskaffer uitkontrakteer. Sodra die kontraktermyn met ‘n diensverskaffer verstryk, word die munisipale diensverskaffer-riglyne gevolg om weer ‘n diensverskaffer aan te stel, het hy gesê.


Teen Sondag was die kragaankopestelsel volgens die munisipaliteit nog net gedeeltelik herstel vir aankope op sommige aanlynplatforms. Radebe het egter genoem dat daar vroeër die week reeds gesien is dat transaksies wel op meer banktoepassings deurgegaan het.

Radebe het die verwarring oor die vervanging van meters verduidelik deur te sê dat probleme ondervind is met sommige meters wat tydens die migrasieproses nie op die stelsel geregistreer het nie Hy sê mense wat probleme met hul meters ondervind het, hoef nie die meters te vervang nie., en behoort meeste probleme uitgesorteer te wees teen vanmiddag, Woensdag 12 Augustus.


Volgens Radebe het die misverstand ontstaan toe die opsie vir gebruikers gebied is om hul voorafbetaalde kragmeters gratis te vervang vir diegene wat dringend krag moes koop maar wie se meternommers nie op die stelsel geregistreer was nie. Hy sê dit is slegs as ‘n noodmaatreël aangebied om ‘n oplossing te bied vir krisisgevalle.


Radebe het egter die versekering gegee dat verlengde kantoorure by munisipale kantore sal geld totdat alle probleme met die migrasieproses uitgesorteer is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button