Local newsNews
So werk dit met spesiale stemme
Stemgeregtigde Suid-Afrikaners sal op 4 November landwyd stem in die munisipale verkiesing.
Aansoeke vir spesiale stemme sal op 21 September open en sluit op 12 Oktober.
Mense wat vir spesiale stemme aansoek wil doen, kan dit doen by hul naaste OVK-kantoor of aanlyn. Spesiale stem aansoeke is onder meer vir
- gestremdes of verswakte persone/
- hulle wat weens siekte nie op 4 November by ‘n stemlokaal kan kom nie
- essensiƫle werkers wat op stemdag moet werk byvoorbeeld wetstoepassers en nood mediese dienste
- of as jy weens reis- of werksverpligtinge nie by die stemlokaal waar jy geregistreer is sal wees op 4 November.
Mense wie geregistreer is vir ‘n spesiale stem hetsy met ‘n tuisbesoek of by die stemlokaal waar hul geregistreer is, sal op 2 en 3 November geleentheid kry om te stem.
Let daarop dat diegene wat tuis besoek sal word op die genoemde datums, moet seker maak dat hul wel tuis is wanneer OVK-beamptes by jou adres kom. Beamptes kan nie terugkeer na adresse waar kiesers nie tuis sou wees nie.

- Die kiesersrol is Vrydag 14 Augustus gefinaliseer en sal ‘n aankondiging hieroor dienooreenkomstig in die staatskoerant gepubliseer word.
- Stemlokale is ook reeds gefinaliseer en het Parys, Vredefort, Koppies en Edenville ‘n totaal van 53 stemlokale.
- Heilbron wat voorheen deel was van die Ngwathe Munisipaliteit, sal na die munisipale verkiesing deel wees van die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit.
- Politieke partye het nou geleenhteid om van 17 tot 28 Augustus om 17:00 hul kandidate te registreer vir die komende munisipale verkiesing.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



