Local newsNews

Haat en woede dryf pa om seuntjie (2) met skoenveter te verwurg

Skulderkenning was nie ware berou nie.

‘n Pa van Noordwes wat sy 2-jarige seuntjie met ‘n skoenveter verwurg het, , is in die Madikwe-streekhof tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis.

In die hof is getuig dat Lucas Mmakgathi (49) op 4 Mei 2024 die kind se ma se toestemming gevra het om tyd saam met die seuntjie in die dorp deur te bring. Sy het hom vertrou en ingestem.

Die beskuldigde het egter volgens die hof ’n berekende en misleidende plan uitgevoer en die kind eerder na ’n nabygeleë bos geneem, waar hy hom met ’n skoenveter verwurg het.

Hy is die volgende dag in hegtenis geneem.

Tydens die vonnisverrigtinge het staatsaanklaer Zola Mpayipheli aangevoer dat die beskuldigde se optrede op uiterste wreedheid, haat, barbaarsheid en ’n totale minagting vir menselewe dui.

Die Staat het beklemtoon dat Mmakgathi die kind van sy mees fundamentele grondwetlike reg, naamlik die reg op lewe, ontneem het.

Mmakgathi het skuldig gepleit op die klag van moord een aangevoer dat hy kwaad geword het nadat die kind se ma hom meegedeel het dat hy nie die seuntjie se biologiese pa is nie. Hy het beweer dat gevoelens van haat en woede hom daartoe gedryf het om die misdaad te pleeg.

Die hof het verder gehoor dat die beskuldigde toegekyk het terwyl die kind sy laaste asem uitgeblaas het.

Die getuienis het lede van die oorledene se familie en ander mense in die hof sigbaar ontsteld en emosioneel gelaat.

Mmakgathi is ná sy getuienis vir geestelike evaluering verwys. Die evaluering het bevind dat hy geskik is om verhoor te word.

Die Staat het aangevoer dat sy skulderkenning nie as ware berou beskou moet word nie, maar eerder as ’n poging om ’n ligter vonnis te bekom. Die misdaad het weer die erns en voorkoms van misdade teen vroue en kinders beklemtoon en is die hof versoek om ’n vonnis op te lê wat die erns van die misdaad weerspieël.

Die hof het met die Staat se voorleggings saamgestem en bevind dat Mmakgathi ’n gevaar vir die samelewing inhou en gesê dat hy vir ’n aansienlike tydperk uit die samelewing verwyder moet word.

Mmakgathi tot 25 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis en onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Kragtens Artikel 299A van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, sal hy nie vir parool oorweeg word voordat die voorgeskrewe kommunikasie met die slagoffer se familie plaasgevind het en hul standpunte in ag geneem is nie.

Dr Rachel Makhari, Direkteur van Openbare Vervolgings in Noordwes, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens se vinnige optrede, asook die pogings van die staatsaanklaer en die hof om te verseker dat geregtigheid geskied, geloof.

“Hierdie vonnis weerspieël die erns waarmee ons howe gewelddadige misdade teen kinders beskou. Die suksesvolle vervolging van hierdie saak toon die verbintenis van die strafregstelsel tot die beskerming van kwesbare lede van die samelewing en om te verseker dat diegene wat sulke gruwel dade pleeg, aanspreeklik gehou word,” het Makhari gesê.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het by monde van sy woordvoerder Lindiwe Mabasa gesê hy bly daartoe verbind om te verseker dat persone wat die regte, waardigheid en veiligheid van vroue, kinders en ander kwesbare persone skend, aanspreeklik gehou moet word,

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button