Local newsNews
Wees gewaarsku: Hier swem vragmotors en motors gereeld
Insleepdienste moes al verskeie voertuie hier uit die water haal.
Water vloei steeds oor die R59 net buite Viljoenskroon by die silo’s. Die water is afkomstig vanaf ‘n waterpan langs die pad.
Motoriste word ernstig gewaarsku om alternatiewe roetes hier te volg. Daar is geen waarskuwingsborde nie, en hoewel die pad nie gesluit is vir verkeer nie, kan voertuie nie deur die water beweeg nie.


‘n Vragmotor het Maandagoggend rondom 07:00 hier in die water vasgeval, en is dit die soveelste voertuig wat insleepdienste uit die water moet haal.

Foto: Verskaf
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



