Local newsNews

Gesinsgeweld en mishandeling: Moenie die tekens miskyk nie

Ongelukkig is daar dikwels die wanopvatting dat geweld en mishandeling net fisies is terwyl daar baie verskillende vorme hiervan kan wees.

Gesinsgeweld, en gevalle van mishandeling van bejaardes is ‘n realiteit in gemeenskappe. Enigeen kan ‘n slagoffer hiervan wees. Ongelukkig is daar dikwels die wanopvatting dat geweld net fisies is, en word die tekens misgekyk waar daar nie sigbare letsels is nie. Dit geld veral in gevalle van emosionele, finansiële of selfs seksuele misbruik.


Tog is dit belangrik dat gesinsgeweld en enige vorm van mishandeling gerapporteer word. Dit was die boodskap van die polisie se adjudant-offisier Izelle Engelbrecht wat met gevalle van sosiale misdaad en huishoudelike geweld werk. Engelbrecht het Dinsdag met bejaardes van Sally Martin Park gesels as deel van ‘n bewusmakingsinisiatief van Parys SAPD en die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF).

Lede van Parys SAPD en Parys GPF saam met van die personeel van Sally Martin Park.
Lede van Parys SAPD en Parys GPF saam met van die personeel van Sally Martin Park. Foto: Liezl Scheepers

Sy het benadruk dat die welstand van bejaardes belangrik is en dat enigeen gesinsgeweld of misbruik kan rapporteer.

Adjudant-offisier Izelle Engelbrecht.
Adjudant-offisier Izelle Engelbrecht.


Engelbrecht het ook verduidelik waar om hulp aangeklop kan word en watter stappe gevolg word. Hoewel dit ‘n tydsame proses kan wees wanneer howe moet ingryp byvoorbeeld sou ‘n beskermingsbevel nodig wees, is die belangrikste en eerste stap om dit by die polisie of ander instansies wat hulp kan verleen te rapporteer.


Inligtingspamflette is ook aan die bejaardes uitgedeel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button