Local newsNews

Gesin sien Vaal se krok tydens hengeluitstappie

Daar is tans vanghokke in die Vaalrivier opgestel in 'n poging om die Vaal se krok te vang.

‘n Gesin van Gauteng se hengelnaweek by ‘n vakansieoord onder die Barrage in die Vaal Eden-omgewing, was ‘n naweek wat hulle nie gou sal vergeet nie. Groot was hul verbasing toe hulle ënskynlik die Vaalrivier se nou reeds bekende krokodil Saterdag gewaar het, vertel M. Smith.

Dit was ook nie net Smith en haar gesin wat krok se kind gewaar het nie. Volgens haar het minstens drie ander hengelaars wat langs hulle gehengel het, ook die krokodil naby die rivieroewer gesien waar hy teen die vloei van die rivier op geswem het.

Ongelukkig kon Smith net een foto geneem kry, en het die gesin na verskeie oproepe uiteindelik aan die SAPD se watervleuel kon rapporteer waar hulle die krokodil gesien het. Vaal River Rats het ook Smith en haar gesin se waarneming op die organisasie se Facebook-blad bevestig.

Smith vertel dat hulle gewoonlik by Vaaldam hengel, en dit die eerste keer was dat hulle hier kom hengel het.

Hoewel die Smith-gesin bewus was van die krokodil wat in die Vaalrivier gesien is, en geweet het dat hy nog nie gevang is nie, was die laaste ding wat hulle verwag het, was om die Vaal se krok te sien verby swem.

Die foto wat M. Smith kon neem van die Vaal se krok wat hulle oënskynlik die naweek onder Barrage gesien het. Foto: M. Smith
Die foto wat M. Smith kon neem van die Vaal se krok wat hulle oënskynlik die naweek onder die Barrage gesien het. Foto: M. Smith

Die vreemde gesig het hulle allermins afgeskrik, en hoop hulle om dalk weer Desember in die omgewing te kom hengel, het Smith gesê.

Die gesin kamp gereeld en as jy in die natuur wil wees, moet jy voorbereid wees op goggas en allerhande dinge, gesels Smith.

Die oewergedeelte waar die gesin gehengel het. Foto: M. Smith.
Die oewergedeelte waar die gesin gehengel het. Foto: M. Smith.

Die naweek se hengel het hulle beloon met vyf karps van 4kg en swaarder.

Vanghokke

Twee vanghokke is tans in die Vaalrivier opgestel in ‘n poging om die Vaal se krok te vang, en hou die ervare KwaZulu Natalse krokodilvanger, Charles van der Merwe, ‘n wakende oog oor die hokke danksy opgestelde kameras.

Die krokodil is vroeër in die Old Willow-omgewing opgemerk.

Dit is egter bekend dat krokodille groot afstande kan swem, en is een ding seker – om die Vaal se krok te vang, sal geen maklike taak wees nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button