Parys skud feesvere reg vir kleurvolle straatparade
Kom besoek Parys in die Vrystaat op Erfenisdag en word deel van ʼn dorp se 150 jaar Feesvieringe.
Die Vrystaatse dorp Parys vier op 24 September sy 150ste bestaansjaar met n kleurvolle straatparade, en n naweek van gholf op die dorp se twee spog gholfbane
So het Parys ontstaan
1876 word die dorp amptelik gestig op die plaas Klipspruit wat aan die Van Coller-broers behoort het.
Sentraal was die groot stuk grond wat die van Coller-broers en suster aan die Nederduits Gereformeerde Kerk geskenk het vir ñ kerkgebou en kerkerwe.
Alle vroeë erwe was rondom die kerkplein uitgelê. Die dorp het as’t ware om die kerk se erwe ontstaan.
14 Junie 1876 meet die landmeter Fleck die eerste 7 erwe op Klipspruit uit (Erf 1 tot 7) wat direk gegrens het aan die rivier en die markplein. Hierdie erwe was op ñ publieke veiling verkoop teen 25 pond elk.
Die uitmeet van 158 erwe is later voltooi deur die landmeter Schilbach.
Die uitleg was direk aan die plaasgrense gekoppel (vandag vorm dit die basis van die middedorp).
Die erwe was uitgemeet in ʼn ruitpatroon, parallel met die Vaalrivier sodat die eerste inwoners maklik toegang tot water kon hê – toegang tot die rivier sowel as die oorspronklike spruit, die Klipspruit.
Die naam Parys
Die landmeter Schilbach, ʼn Duitser, het besluit op die naam Parys na aanleiding van Parys in Frankryk. Hy het gevoel Parys hier aan die oewer van die Vaal en die Seine in Frankryk het iets in gemeen. Hierdie boomryke dorpie langs die rivier met sy dig-begroeide eilandjies het hom herinner aan Parys Frankryk en die Seine Rivier.
Schilbach het deelgeneem aan en was veteraan van die Franco-Pruisiese Oorlog 1870/1871.
Kom besoek Parys in die Vrystaat op Erfenisdag en word deel van die dorp se 150 jaar Feesvieringe.
Kom kyk wat het Schilbach raakgesien.




