Local newsNews

El Niño bring droër, warmer somer – boere moet voorberei

El Niño is ’n natuurlike klimaatspatroon wat wêreldwye atmosferiese sirkulasie verander.

Die terugkeer van die El Niño-weerverskynsel kan gedurende die komende somer tot laer as normale reënval en hoër temperature in groot dele van Suid-Afrika lei, wat landbouprodusente aansienlik kan beïnvloed.

El Niño is ’n natuurlike klimaatspatroon wat wêreldwye atmosferiese sirkulasie verander. In Suid-Afrika word dit tipies met minder as normale somerreënval, tesame met hoër temperature, geassosieer.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sal El Niño na verwagting deur die 2026/27-somerseisoen voortduur.

Dit beteken dat verskeie gebiede gedurende die komende somer onder normale reënval kan ervaar wat met die verwagte El Niño-toestande verband hou.

Hoewel somerreënvalgebiede gedurende die 2025/26-seisoen bogemiddelde reënval gehad het, wat damvlakke en grondvog in baie gebiede verbeter het, was die situasie in die winterreënvalgebiede anders. Hierdie gebiede het ’n tekort aan reënval ervaar, wat die komende somer uitdagend kan maak.

Risiko vir landbou

Die Departement van Landbou het gewaarsku dat El Niño-toestande tot droë toestande en hittestres kan lei, wat op sy beurt oesverliese en vrektes onder vee kan veroorsaak, veral indien voldoende risiko- verminderingsmaatreëls nie toegepas word nie.

Die departement sê lae reënval kan ook tot waterbeperkings lei, wat veral besproeiingsboere raak.

Plae en siektes wat met warm en droë toestande verband hou, is ’n verdere bekommernis.

Gewoonlik word reënval in die somerreënvalgebiede verwag wanneer die winter tot ’n einde kom en die lente begin. Dit is egter nie noodwendig die geval tydens ’n El Niño-seisoen nie, veral wanneer ondernormale reënval en hoë temperature voorspel word.

Boere is aangeraai om

  • Grondvog te beskerm
  • Water spaarsamig te gebruik
  • Te let op voer- en veldbestuur
  • Waaksaam te wees vir peste en siektes by gewasse en vee.

Produsente word verder aangeraai om gereeld op hoogte te bly van weer- en klimaatvooruitsigte wat deur die SAWD uitgereik word.

Vir uitgebreide advies kan die Departement van Landbou se webwerf geraadpleeg word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button