Parade-skouspel, ruiter-vernuf en presisie by SA Western Mounted Games
Die kampioenskappe duur tot Vrydag en kan gratis deur toeskouers bygewoon word.
Die SA Western Mounted Games met 735 ruiter/perd inskrywings uit al nege die land se provinsies, sowel as van Botswana en Zimbabwe sorg dié week vir ‘n aksiebelaaide skouspel by die AfriDome in Parys. Een van die hoogtepunte is die internasionale kragmeting wanneer Suid-Afrika se Proteas en die Britse ruiterspan mekaar die stryd sal aansê.

Die vaardigheid van hierdie ruiters wanneer daar tussen die pale en dromme deurgevleg word is iets om te sien, en is spoed en presisie van die deurslaggewende faktore in die ruiterdissipline.

Die skouspel van honderde perde en ruiters is Maandag 28 September gesien met die parade en amptelike opening van die kampioenskap. Die parade vir die internasionale kampioenskap vind plaas Woensdag 30 September.










Ruiters ding mee in agt arenas en moet alle ruiters aan die verskillende items deelneem tydens die kampioenskap, Van die items sluit in Barel Racing, Speed Ball, Pole Bending, Keyhole en Figure 8 Flags, en verg besondere vernuf van perd en ruiter wat teen tyd die uitdagings op die baan moet voltooi.

Die kampioenskappe wat vanjaar vir die 15 jaar aangebied word, is oop vir die publiek en toegang is gratis. Kom kyk na die ongelooflike ruiterkuns en ondersteun die deelnemers.

Die kampioenskappe begin daagliks om 08:00.
Daar is ook stalletjies op die terrein en eet- en drinkgoed wat te koop aangebied word sowel as ‘n restaurant.



Onthou om jou bestuurslisensie saam te neem vir skandering vir toegang by die AfriDome in Allenbystraat.
Vandag se items sal in die onderdak arena plaasvind.



