Local newsNews

Spoedoortreders in Ngwathe sal moet ligloop

Die munisipale verkeersafdeling het reeds die spoedkameras in ontvangs geneem.

Twee spoedkameras is verlede week deur die Ngwathe Plaaslike Munsipaliteit se verkeersafdeling in ontvangs geneem.

Die kameras sal gebruik word om spoedoortredings binne die Ngwathe munisipaliteit wat die dorpe Parys, Vredefort, Koppies, Heilbron en Edenville insluit, aan te spreek, en sal ook bydra tot die munisipaliteit se inkomste invordering.

Van links is Dr Sive Dintsi (Direkteur verantwoordelik vir Beplanning en Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling in Ngwathe), Patricia Morokolo (Ngwathe se Dierekteur Tegniese Dienste), Bernie McDermott (Ngwathe se hoof van verkeer), dr. F.P Mothamaha (munisipale bestuurder),MojabengMakibinyane (Direkteur Gemeenskapsdienste), Serame Phetoane (Hoof Finansiële Beampte vir Ngwathe en Tladi Motshoikha (Direkteur Korporatiewe Dienste).
Van links is Dr Sive Dintsi (Direkteur verantwoordelik vir Beplanning en Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling in Ngwathe), Patricia Morokolo (Ngwathe se Dierekteur Tegniese Dienste), Bernie McDermott (Ngwathe se Hoof van Verkeer), dr. F.P Mothamaha (munisipale bestuurder), Mojabeng Makibinyane (Direkteur Gemeenskapsdienste), Serame Phetoane (Hoof Finansiële Beampte vir Ngwathe) en Tladi Motshoikha (Direkteur Korporatiewe Dienste) toe die spoedkameras verlede week in ontvangs geneem is.

Beamptes van die verkeersafdeling sal nou hul opleiding vir hul operateursertifikate voltooi, waarna die kameras in gebruik gestel sal word.

Ngwathe se verkeersafdeling het voorheen ook verkeerskameras gehad wat destyds met die ontbinding van die afdeling in ongeveer 2016 aan provinsiale verkeer oorgedra is.

Die munisipaliteit het sedert Augustus 2025 weer ‘n eie verkeersafdeling.

Bernie McDermott, Hoof van Verkeer van die Ngwathe Verkeersafdeling, wys dr. F.P Mothamaha hoe die spoedkamera werk. Foto verskaf deur Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit.
Bernie McDermott, Hoof van Verkeer van die Ngwathe Verkeersafdeling, wys dr. F.P Mothamaha hoe die spoedkamera werk toe dit verlede week in ontvangs geneem is. Foto verskaf deur Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button