Brandstofskok: Dis die hoogste ooit
Verbruikers gaan nog eens die gordel stywer moet intrek.
Vanaf Woensdag 7 Oktober sal motoriste die meeste nog vir petrol en diesel betaal.
So lyk brandstofpryse vir Oktober
Petrol (93-oktaan) styg met R3,12 per liter
Petrol (95-oktaan) styg met R3,33 per liter
Diesel (swaelinhoud van 0,05%) styg met R2,84 per liter
Diesel (swaelinhoud van 0,005%) styg met R3,24 per liter.
Paraffien styg met R2,58 per liter
‘n Liter 95-oktaan petrol sal jou in die binneland gevolglik nou al meer as R30 kos, terwyl diesel met ‘n swaelinhoud van 0,05% in die binneland ook nou meer as R30 sal kos – selfs meer as wat in Mei vanjaar betaal is.
Die skerp verhoging is gebaseer op veranderings in internasionale oliepryse, die styging in petroleumprodukpryse en ander bydraende plaaslike faktore.



