Local Election News

Net 52% van geregistreerde kiesers stem in munisipale verkiesing

In altesaam 134 munisipaliteite wat ook die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit insluit, is daar nie 'n party wat die meerderheid setels kon behaal nie

Van die 29,2m geregistreerde kiesers in Suid-Afrika het net 52% hul stem laat hoor in die landwye munisipale verkiesing op 4 November. Dit is egter 6,1% meer kiesers wat gestem het as in die 2021 plaaslike munisipale verkiesing.

Die amptelike verkiesingsuitslae is vanaand, Sondag 8 November om 18:00 aangekondig en het die Onafhanklike Verkiesingskommissie die verkiesing as vry en regverdig verklaar, waarmee die verkiesingsproses nou afgehandel is na die verklaring en finalisering van 213 munisipale rade.

In altesaam 137 munisipaliteite wat ook die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit insluit, is daar nie ‘n party wat die meerderheid setels kon behaal nie (sogenaamde hangrade) – die meeste nog na afloop van ‘n munisipale verkiesing, met sewe van die land se agt metro’s wat deur koalisies regeer sal word.

Top vyf partye landwyd:

Uitslag vir Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit

Geen party het die meerderheid setels in die Ngwathe Raad met 27 setels behaal nie wat die deur oopmaak vir koalisies.

Vir ‘n party om ‘n meerderheid in die raad te kon hê, is 14 setels nodig en sal die volgende dae bepalend wees vir hoe die Ngwathe Raad uiteindelik daar sal uitsien. Die eerste raadsvergadering moet binne 14 dae na die verkiesing gehou word en kan verwag word dat daar ernstige gesprekke om tafels binne die volgende paar dae sal wees oor moontlike koalisievennote.

Die setelverdeling vir die Ngwathe Raad is as volg:

ANC – 10 setels

DA – 8 setels

ACT – 4 setels

VF+ – 2 setels

EFF – 2 setels

SAKP – 1 setel

Die wykskandidate wat in Ngwathe se 14 wyke die meeste stemme gehad het, is:

Wyk 1 – Babiki Lazarus Dewet (ANC)
Wyk 2 – Tshediso Ramabodu (ANC)
Wyk 3 – Anse-Marié Paul (DA)
Wyk 4 – Mbuyiselo Wilson Nyashe (ACT)
Wyk 5 – JP De Villiers (DA)
Wyk 6 – Mohau Thabiso Joseph Mosepedi (ANC)
Wyk 7 – Marié La Cock (DA)
Wyk 8 – Pontsho Veronica Maboea
Wyk 9 – Thabo Petrus Sothoane (ANC)
Wyk 10 – Pule Richard Molete (ANC)
Wyk 11 – Motshidisi Martha Motsoeneng
Wyk 12 – Elias Moletsane (ANC)
Wyk 13 – Seabata John Mosito (ANC)
Wyk 14 – Ephaus Sipho Nthoesane (ANC)

Die ANC het gevolglik ‘n oorwinning in 10 van die 14 Ngwathe wyke behaal.

Die DA het drie wyke (wyk 7 is behou, maar wyke 5 en wyk 3 is die eerste keer deur die DA gevat)

ACT het 1 wyk

Sukses van ‘n verkiesing ‘n gesamentlike poging

Die ondervoorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), kommissaris Janet Love, het haar waardering uitgespreek teenoor die talle instellings, vennote, belanghebbendes en individue wie se bydraes die 2026-plaaslike regeringsverkiesing moontlik gemaak het.

Sy het haar dank uitgespreek teenoor die parlement, staatsdepartemente, veiligheidsdienste, die regbank, provinsiale leierskap, die diplomatieke gemeenskap en die media vir hul samewerking en ondersteuning gedurende die verkiesingsproses.

Daar was ook spesiale dank uitgespreek teenoor die OVK se leierskap en personeel, insluitend die hoofverkiesingsbeampte, adjunkhoofverkiesingsbeampte, provinsiale verkiesingsbeamptes en die duisende verkiesingsamptenare wat onverpoosd gewerk het, dikwels onder uitdagende omstandighede, om die verkiesing suksesvol te laat verloop.

Love het beklemtoon dat die suksesvolle administrasie van verkiesings ‘n gesamentlike poging is wat moontlik gemaak word deur samewerking, toewyding en ‘n gedeelde verantwoordelikheid om Suid-Afrika se demokrasie te beskerm en te handhaaf.

Interessante feite oor die 2026 munisipale verkiesing

In sy toespraak het die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, die operasionele kapasiteit, tegnologiese innovasies, menslike hulpbronne en institusionele stelsels beklemtoon wat die verkiesingsproses ondersteun het.

  • Daar was ‘n totaal van 188 000 verkiesingspersoneellede by 23 696 stemlokale tydens die 2026 Plaaslike Munisipale verkiesing.
  • Meer as 100 miljoen stembriewe is gedruk.
  • Daar was vir die eerste keer ‘n Virtuele Uitslae-operasionele Sentrum.
  • Meer as 500 partye het aan die verkiesing deelgeneem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button