NewsNews

Jou kans om ’n dubbelkaartjie te wen

Jou kans om ’n dubbelkaartjie te wen

Een gelukkige wenner staan vandeesweek ’n  kans om ’n  dubbelkaartjie te wen vir sanger Manie Jackson se optrede op Saterdag 4 Februarie in Parys, wanneer hy ten bate van die Parys Dierebeskermingsvereniging (DBV) tak in die stadsaal om 18:30 sing. Die optrede val ook saam met die viering van die DBV se 17de verjaardag vanjaar (die DBV tak is in 2001 gestig), en Parys DBV-gelukbringer, Koei, se 10de verjaardag.
Al wat jy moet doen is om twee maklike vrae te beantwoord deur 073 655 2914 te skakel, en jou antwoorde, naam en kontaknommer te laat. Die vrae is – 1.) Hoe oud is die DBV vanjaar en 2.) Hoe oud is die Parys DBV gelukbringer vanjaar?
Die name van deelnemers wat die antwoorde korrek kan beantwoord, sal dan deurdring na ’n gelukkige trekking om die wenner te bepaal. Geen SMS’e sal aanvaar word nie. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word.
Onthou die DBV kry geen finansiële ondersteuning nie en sonder die publiek se hulp kan die DBV nie sy deure oophou om hierdie waardevolle diens in ons gemeenskap te kan lewer nie. Met fondsinsamelingsprojekte soos hierdie kan jy ’n groot bydrae lewer om diere wat die DBV se hulp nodig het, te help.
Kaartjies vir die Manie Jackson optrede kos R120 vir sitplekke in die eerste drie rye. Alle ander kaartjies kos R100. Daar sal ’n  voorvertoning deur ’n gaskunstenaar wees, asook ’n gelukkige trekking. Vir navrae en kaartjies skakel 073 655 2914 of 056 811 3671 gedurende kantoorure.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button