NewsNews

Inbreker skiet op boere

’n Inbreker is Sondagaand in hegtenis geneem nadat hy twee skote op boere en die polisie geskiet het. Illustration photo ’n Inbreker is Sondagaand in hegtenis geneem nadat hy twee skote op boere en die polisie geskiet het. Volgens lt.kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, het die eienaar van die huis by sy seun gaan eet wat …

police,saps

Illustration photo

’n Inbreker is Sondagaand in hegtenis geneem nadat hy twee skote op boere en die polisie geskiet het.
Volgens lt.kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, het die eienaar van die huis by sy seun gaan eet wat op dieselfde plaas woon.
Hulle het omstreeks 20:00 glo die honde hoor blaf by die seun se huis, waarna hulle gaan ondersoek instel het. “Hulle het ’n verdagte by die huis gesien wat op pad na die huis was, waarna hulle die polisie en ander boere ontbied het,” het sy gesê.
Die 35-jarige verdagte het twee skote geskiet. Eers op die boer en sy seun en later weer op boere wat kom help het.
“Een van die boere se bakkie is beskadig met die tweede skoot. Gelukkig is niemand beseer nie,” het Makau gesê. Die taktiese reaksiespan en die polisie-onderhandelaars is na die toneel ontbied. Die onderhandelaars het na ’n lang proses daarin geslaag om die verdagte te oorreed om hom oor te gee.
Volgens Makau is twee vuurwapens en ammunisie in sy besit gevind wat aan die boer behoort.
*Boitumelo Petrus Mokgatla het Dinsdag in die landdroshof in Ventersdorp op aanklag van huisbraak en diefstal, drie klagte van poging tot moord en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie verskyn. Die saak is tot 9 Mei uitgestel vir ‘n borgaansoek.
Mokgatla is op 24 April op parool vrygelaat nadat hy vir huisbraak gevonnis was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button