NewsNews

Jeugliga wys hul ontevredenheid

Sowat 30 lede van die ANC Jeugliga het net na 11:00 vanoggend die Ngwathe munisipale geboue in Parys beset en gevra dat werknemers die gebou sal verlaat. Daarna het hulle sowat 2 uur lank met die munisipale bestuurder, mnr. Bruce Kannemeyer, onderhandel. Hul ongelukkigheid gaan glo oor die aanstel van ’n  Jeug Kommunikasiebeampte waarin die …

Sowat 30 lede van die ANC Jeugliga het net na 11:00 vanoggend die Ngwathe munisipale geboue in Parys beset en gevra dat werknemers die gebou sal verlaat.
Daarna het hulle sowat 2 uur lank met die munisipale bestuurder, mnr. Bruce Kannemeyer, onderhandel. Hul ongelukkigheid gaan glo oor die aanstel van ’n  Jeug Kommunikasiebeampte waarin die organisasie voel hulle nie geken is nie,  en dat die regte prosedures na bewering nie gevolg is nie, sê ’n  DA-raadslid.
Die uiteinde van die onderhandelings was dat die munisipale bestuurder onderneem het om die saak te ondersoek.
Teen net voor 13:00 kon werknemers weer hul werk hervat en was die situasie kalm by die munisipale kantore.
Daar word nog gewag op ’n  mediaverklaring van die munisipale woordvoerder, mnr. Steve Naale.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button