NewsNews

‘Zuma’ laat Vanderbijl in sak en as

VANDERBIJLPARK. – Onder die dekmantel van die “Vote of no confidence in Zuma” protesoptogte wat Dinsdag 8 Augustus landwyd plaasvind, het moeilikheidmakers die kans met beide hande aangegryp om te breek en brand. Die Vanderbijlparkse middedorp het Dinsdagoggend onder betogers deurgeloop. Foto: Elsje Vermeulen Sedert vroeg Dinsdagoggend het moeilikheidmakers op ‘n barbaarse wyse Frikkie Meyer-boulevard, …

Die Vanderbijlparkse middedorp het Dinsdagoggend onder betogers deurgeloop. Foto: Elsje Vermeulen

Sedert vroeg Dinsdagoggend het moeilikheidmakers op ‘n barbaarse wyse Frikkie Meyer-boulevard, vanaf die verkeerslig wat met Delfos-boulevard kruis, vir verkeer toegehou deur massiewe klippe in die pad te rol, bande en ander goed in die pad te brand, asook enige lamppaal en verkeerslig wat hul kon sien af te breek en te gebruik om die pad te versper.

Die pad was gister nie veilig vir motoriste nie en inwoners is gemaan om eerder uit hierdie area te bly vir tyd en wyl. Kwaadstokers was vroeg Dinsdagoggend deur die middedorp ook en het van die betonasblikke losgebreek en in die pad gerol. Laatmiddag was dit rustiger in die middedorp hoewel die optoggangers toe onderweg was na die munisipaliteit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button