9 Maande oue babadogtertjie vermoor
Die soektog na n vermiste 9 maande oue babadogtertjie het Dinsdagaand 19 Desember tragies tot n einde gekom toe haar liggaam omstreeks 18:30 naby die slagpale in die nywerheidsgebied van Parys gekry is. N Verbyganger het die liggaam van baba Kutloano in die bosse gesien en die polisie ontbied. N Nadoodse ondersoek word gedoen om …

Die soektog na n vermiste 9 maande oue babadogtertjie het Dinsdagaand 19 Desember tragies tot n einde gekom toe haar liggaam omstreeks 18:30 naby die slagpale in die nywerheidsgebied van Parys gekry is.
N Verbyganger het die liggaam van baba Kutloano in die bosse gesien en die polisie ontbied. N Nadoodse ondersoek word gedoen om die oorsaak van haar dood te bepaal omdat haar liggaam reeds begin ontbind het.
Baba Kutloano is op 16 Desember by haar doofstom ma gesteel nadat n man gepoog het om haar ma in die Tokoloho gedeelte van Tumahole, te verkrag. Die ma wat op pad huistoe was met baba Kutloano op haar rug, kon daarin slaag om te vlug maar baba Kutloano is tydens die struweling deur die man gegryp.
Die polisie se waarnemende provinsiale kommissaris majoor-generaal Tollie Afonso, het na die voorval gesê die gemeenskap moet saamstaan teen misbruik en die sinnelose moord van onskuldige kinders. Hy het gesê daar word onverpoosd gesoek na die moordenaar van Baba Kutloano. Hy het n beroep gedoen op mense om met inligting na vore te kom. Mense wat inligting het kan speur-kapt. Lois Ferreira skakel by 083 419 7361.



