Parys-span is Noordwes rolbal se driespelkampioene
Parys-rolbalklub se Rudi Jacobs, George Lotter en Jaco Nel is die 2018 Noordwes rolbal driespelkampioene nadat hulle die eindstryd Saterdag by die Klerksdorp-rolbalklub teen Pikkie Loots, Cliff Yeoman en Louis Botha van die gasheerklub gemaklik met 18-7 gewen het. In hulle opmars na die eindstryd het die Parys-drietal agtereenvolgens klaargespeel met PCC se span (Jakkie …

Parys-rolbalklub se Rudi Jacobs, George Lotter en Jaco Nel is die 2018 Noordwes rolbal driespelkampioene nadat hulle die eindstryd Saterdag by die Klerksdorp-rolbalklub teen Pikkie Loots, Cliff Yeoman en Louis Botha van die gasheerklub gemaklik met 18-7 gewen het.
In hulle opmars na die eindstryd het die Parys-drietal agtereenvolgens klaargespeel met PCC se span (Jakkie Bezuidenhout, Koos Degenaar en Thinus Slabber), daarna met nog ’n Klerksdorp-span (Jan Pretorius, Richard Harris en Henry Peens), en toe die eindstryd.
Die vroue driespelkampioene is Orkney se Burnadine Muller, Suzette Linden en Adeline Earle wat met een skoot (17-16) teen Strathvaal se Helen Jansen, Tracy Jacobs en Moira Hille gewen het.
* Lafarge verdien verseker ‘n pluimpie vir die hoë standaard van hul baan.



