NewsNews

Inkleurboeke bring onbeskryflike vreugde

Dankie is ’n woord wat dikwels ongesê bly. Dankie vir ’n normale lewe. Dankie dat ek kan loop. Dankie vir ’n werk. Dankie dat ek het om te kan gee...

Dit is hierdie dankbaarheid wat jy beleef wanneer jy Epilepsie Suid-Afrika se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Boomstraat, Parys besoek. Die toewyding waarmee personeel met die inwoners werk, en die ongelooflike dankbaarheid vir elke uitreik na die sentrum-inwoners, kom sit in jou hart.
Personeel van Parys Gazette het verlede week inkleurboeke en potlode vir die inwoners gevat wat gebruik word vir terapiesessies. Die vreugde om te kan inkleur was op elkeen van hierdie gesigte ’n prentjie om te onthou.
As jy klei, boublokkies, inkleurboeke, potlode of selfs eenvoudige legkaarte met min stukke het wat jy nie meer gebruik nie – onthou dat dit by hierdie sentrum met ope arms verwelkom word. Jy kan dit by die sentrum afgee of skakel by(056) 811 5959.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button