SportSport

Likkewane laat die roeispane klap vir medalje-trots

Lede van die Likkewaan-kanoklub in Parys het die afgelope naweek uitmuntend presteer by die SA skole roeikampioenskappe. In totaal is 65 medaljes deur hierdie baie talentvolle roeiers verower.

Boonop het beide Parys se Hoërskool en   Laerskool roeispanne geskitter met eerste plekke uit die nagenoeg 30 hoërskole en 22 laerskole wat teenwoordig was. Hoërskool Parys het die wenposisie behaal met ’n  totaal van 470,5 punte, en Parys Primêre skool se wentotaal was 158 punte. Maar dit is nie al nie. Parys se roeiers het uit die 12 ouderdomsgroepe waarin deelgeneem is, skoonskip gemaak met niks minder nie as nege victor en victrix ludorum-toekennings. Die Parysenaars wat die toekenning ingepalm het, is Wian Prinsloo (2de o.8), Lyton Oelofse (1ste o.12), Jo-Ané Prinsloo (2de o.14), Denise Stoltz (2de o.12), Ruan van Pletzen (3de o.16), Abigail Bezuidenhout (2de o.16), Megan Oelofse (3de o.16), Sean van Pletzen (2de o.18) en Caroline van der Linde (3de o.18).
In totaal was die medaljetelling 19 goud, 30 silwer en 16 brons. ’n Ongelooflike trotse prestasie vir Parys.
Benewens hierdie skitter prestasies het Sean en Ruan van Pletzen, en Caroline van der Linde ook van 2 tot 4 April aan die Senior SA kano-kampioenskappe gaan deelneem. Daar is meegeding oor afstande van 5 000m, 1000m, 500m en 200m. Ruan wat nog o.16 is, moes meeding teen o.18 roeiers. Sean en Ruan het tussen die twee van hulle teruggekom met vier brons, twee silwer en vyf gouemedaljes. Albei word afgerig deur Kobus Erasmus.
Caroline het op haar beurt goud vir die K1 200m-item behaal.

Caroline van der Linde in aksie op die water. Sy was afwesig met die neem van die groepfoto.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button