
Mev. Newberry is Dinsdag as vermis by die polisie aangemeld. Ure lare is haar lyk naby die tehuis gekry.
Daar word vermoed dat sy die oggend oorrompel is, met ‘n stomp voorwerp aangerand is, en toe met ‘n mes doodgesteek is.
Haar moordenaar het met haar handsak en Chevrolet Spark gevlug.
Haar liggaam is deur ‘n verbyganger naby die vliegveld in Carletonville gesien waarop die polisie ontbied is.
Die gesteelde motor is die aand deur die polisie by ‘n huis in Khutsong gevind.
Die moordwapen en van mev. Newberry se bessitings is in die verdagte se huis gekry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



