Photo GalleriesSport

Parysenaars vaar goed in Noordwes enkelspelkampioenskappe

Albei Parys-rolbalklub se enkelspelkampioene, Lazuya Serfontein en Cabous Olivier, het hul afdelings gewen en is deur na die laaste uitspeelrondtes vir die Noordwes Rolbal enkelspelkampioenskappe.

Die wedstryde begin Saterdagoggend en die kampioene sal Sondagmiddag gekroon word. Beide mans en vroue speel by Klerksdorp-rolbalklub.
Naas die twee plaaslike kampioene, het Protea-speler Rudi Jacobs, en Stienie Browne, ook deurgedring. Tracy Jacobs het deurgedring in die kleure van Strathvaal.
Daar is groot belangstelling in die vordering van die Namibiese nasionale speler, Cabous Olivier. Hierdie kampioenskap is sy eerste in Noordwes en sy vertoning teen spelers soos Rudi Jacobs, Pierre Breitenbach en Tinus Crous kan gerus dopgehou word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button