Photo GalleriesSport

10 interessante feite van die 2018 Sokkerwêreldbeker

Die 21ste FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi in Rusland gaan vanaf 14 Junie tot 15 Julie weer sokkergeesdriftiges se monde laat water. Daar is vir die afgelope paar weke in die aanloop tot die toernooi wyd en syd bespiegel oor wie vanjaar die gesogte trofee gaan lig.

Gaan die verdedigende kampioene, Duitsland, weer koning kraai of gaan die altyd gevaarlike Brasilië vir die sesde keer die beker lig? Groot kanonne soos Spanje, Frankryk en Argentinië staan ook ‘n goeie kans. Moet ook nie die buiteperde soo Egipte, België, Engeland en Portugal uitskakel nie.

Hier is ‘n paar interessante feite om aan te knibbel voor die sokkerbuffet voorgesit word

  • Duitsland is die verdedigende FIFA Wêreldbeker-kampioene nadat hulle in 2014 vir Argentinië met 1-0 in eindstryd geklop het.
  • Dit is die eerste keer wat die FIFA Wêreldbeker in Rusland plaasvind. Rusland se beste vertoning by ‘n Wêreldbeker was in 1966 toe hulle as die Sowiet Unie bekendgestaan het.
  • Die FIFA Wêreldbeker gaan in 12 stadions plaasvind met 11 stede wat die sokkerskouspel gaan aanbied. Die eindstryd gaan in Moskou se Luzhniki Stadion op 15 Julie plaasvind.
  • ‘n Somtotaal van 64 wedstryde gaan deur die loop van die toernooi gespeel word.
  • Daar is 32 lande wat vir die FIFA Wêreldbeker meeding. Hierdie lande word in 8 groepe verdeel met die twee beste spanne uit elke groep wat vir die uitkloprondtes kwalifiseer.
  • Nog net 8 lande het die FIFA Wêreldbeker verower. Hierdie lande is Brasilië (5), Duitsland (4) Italië (4), Uruguay (2), Argentinië (2) Spanje (1), Frankryk (1) en Engeland (1)
  • Die laaste gasheerland wat die FIFA Wêreldbeker op tuisbodem gewen het was Frankryk in 1998.
  • Daar is vanjaar twee nuwelinge in die Wêreldbeker met Ysland en Panama wat in hulle eerste Wêreldbekertoernooi speel. Brasilië is die land met die meeste verskynings (21) gemaak. Dus is hulle die enigste land wat in elke Wêreldbeker sedert 1930 gespeel het.
  • Duitsland se voormalige doelskieter, Miroslav Klose hou tans die rekord vir die meeste doele in FIFA Wêreldbeker met 16.
  • Die gelukbringer van die 2018 Wêreldbeker is ‘n wolf genaamd, Zabivaka.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button