NewsNewsSportSport

Gaan kyk die “Craven week” van Sewes in Potchefstroom vandag

Die SA Interprovinsiale Sewes Skoletoernooi wat vandag nog in Potchefstroom gehou word, sal sorg  vir kookwater hardlooprugby wanneer die top skole sewesspelers op die Fanie du Toit Sportgronde gaan toesak. En daar is ook Parysenaar wat sal opdraf op die veld.

Sestien spanne neem aan die toernooi deel, met die Westelike Provinsie en die Leeus wat as die gunstelinge beskou word.
Die Luiperds sal as die tuisspan ook hulle naam gestand wil doen en hulle het beslis genoeg talent om met die groter unies te kompeteer. Daar is twee Potchefstromers in die Luiperd-span. Hulle is Gimmies se Giovanni Pestana en Billy Jacobs. Ander spelers om dop te hou is die flinkvoetige Isrome Phatudi van Klerksdorp Hoërskool en Lichtenburg se Ruben Oosthuizen.
Die groep uitspeelwedstryde vind Vrydag 28 September plaas en die eindstryde Saterdag 29 September. Die bekereindstryd skop om 12:50 op die Fanie du Toit se A-veld af.
Die Luiperds speel hulle eerste wedstryd Vrydag teen die Goue Leeus om 10:50. Die Luiperds speel dan om 13:30 teen die Vrystaat voordat hulle om 16:30 die laaste wedstryd van die dag teen Griekwas speel.
Luiperd-span:
Mosa Matonyane (Hoërskool Wesvalia), Isrome Phatudi (Klerksdorp Hoërskool), Goodwill Nchocho (HTS Klerksdorp), Lebo Tokholi (HTS Klerksdorp), Giovanni Pestana (Potchefstroom Gimnasium), Richard Champion (Hoërskool Lichtenburg), Ruben Oosthuizen (Hoërskool Lichtenburg), Leander Wiese (Klerksdorp Hoërskool), Dirkie Pretorius (Hoërskool Wagpos), Aubrey Reynecke (Hoërskool Lichtenburg), Billy Jacobs (Potchefstroom Gimnasium) en Wimpie Venter (Hoërskool Lichtenburg).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button