NewsNews

R721-botsing: Hy het sy lewe vir ‘n ander gegee

Ons innige meegevoel met die familie van die vier oorledenes.

“Hy het sy laaste asem gegee om iemand se lewe te red voordat sy lewe van hom weggevat is. My hart is seer hier waar ek sit. Ek het hom net 2 minute geken. Hy was ‘n held.”

So het Abri Smit, ‘n boer van Kroonstad, hulde gebring aan die man van Parys wat vanoggend gesterf het op die gru-botsingstoneel op die R721 tussen Vredefort en Kroonstad. Nog drie ander mense is ook in die botsing oorlede.

Abri het vertel hoedat hy vanoggend nog patrollie gery het. Hy was skaars tien minute terug by sy huis sowat 50-60m weg van die Kroonstad-pad, toe hy die slag gehoor het wat deur die oggendstilte geskeur het.

Dit was net na 05:00. Hy is haastig na die toneel waar hy ‘n man gekry het, reeds besig om hulp te verleen aan die beseerde man wat toe nog in die Hi Care ambulans vasgesit het. Die ambulans het dwarsoor die pad gelê nadat daar vermoedelik beheer oor die voertuig verloor is en dit omgeslaan het. Die ander insittende van die ambulans is in die botsing oorlede.

“Ek het nog vir die man wat my gehelp het om na die beseerde man om te sien, my Leatherman mes gegee om ‘n band van ‘n noodhulpsak wat vasgesit het,  los te sny, sodat  die beseerde man se voet gestut kon word. Hy het vir my vertel dat die ambulans op die pad verby hom is. Ons het die beseerde man uit die ambulans gekry en in die gras langs die teerpad laat lê. ”

Ondertussen het Smit geskakel om hulp na die toneel te ontbied en het hy met ‘n flits motoriste wat die ongelukstoneel genader het, gewaarsku om stadiger te ry.

‘n Bussie wat pasiënte van Parys na Bloemfontein vervoer het, het egter in die ambulans ingery en ook ‘n vragmotor in die aankomende baan getref. Twee persone in die bussie is op die toneel dood verklaar en drie ander was met ter perse gaan in ‘n bedenklike toestand.

Foto’s: Alet van der Walt: Volksblad

“Ek het die man wat my gehelp het nie weer gesien nie. Ons laaste woorde was toe ek my mes vir hom gegee het om die beseerde man te  help”

Teen 11:00 vanoggend, Woensdag 20 Februarie, is opruimingswerk nog op die toneel gedoen.

  • Ons innige meegevoel met die familie van die vier oorledenes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button