NewsNews

Opgradering van rioolpyplyn dalk teen die naweek begin

Die dele waar gewerk is, sal daagliks weer toegemaak word.

Die langverwagte opgradering van die Tumahole rioolpypleiding, sal na verwagting die komende naweek  in Wesstraat begin.
Eers moet ‘n aantal inspeksiegate gegrawe word om bestaande dienste en infrastruktuur te bepaal en te dokumenteer. Hierdie is n noodsaaklike deel van die kontrak, omdat die Ngwathe munisipaliteit tans geen kaarte het van die bestaande dienste in dié area nie.
Na afloop van dié eerste fase sal daar begin word om die pypleiding te lê in Wesstraat – vanaf die Rooidam, tot by die rioolaanleg.
Die pypleiding sal nie onmiddelik aan die bestaande aanleg gekoppel word nie, maar wel sodra die rioolaanleg se invloeikapasiteit uitgebrei is.
Die kontrakteur het benadruk dat daar in dele gewerk sal word om ongerief vir onwoners tot die minimum te beperk.
Die dele waar gewerk is, sal daagliks weer toegemaak word. Die teeroppervlak sal wel eers na afloop van die projek herstel word. Daar word verwag dat die projek ongeveer drie maande sal duur. Enige skade aan die bestaande dienste-infrastruktuur sal deur die kontrakteur herstel word.
Indien daar probleme opduik gedurende die tydperk, kan inwoners dit aanmeld by die projektoesighouer, Mnr. Sizwe Oliphant by 083 567 4459.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button