
As jy nog nie n kans gehad het om jou mooiste uitrusting vir die Durban July aan te trek nie, is hierdie jou kans om so iets hiervan in die kleine te beleef met sommer baie meer pret.
Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) se Donkey Derby gaan sorg dat jou maagspiere genoeg oefening kry van al die lekker lag as jy die donkies sien draf.
Kry jou kaartjie teen R150 per persoon, kaas-en-wyn ingesluit, vir 29 Maart 19:00 vir 19:30 by Stonehenge. Kontantkroeg is beskikbaar.
Deur n kaartjie te koop kan jy n verskil maak vir VVA en Engo om die bejaardes en hulle wat minder het in jou gemeenskap te help.
Skakel Sanette vir kaartjies by 079 324 0603.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



