News

Parysenaars positief oor dorpsfees-idee

Parysenaars positief oor dorpsfees-idee

Parysenaars is oorwegend positief oor die gedagte om die dorp se Domefees wat vir jare hier gehou is, voortaan as dorpsfees aan te bied.
Vyf en twintig mense het die onlangse vergadering oor die beplanning van die fees bygewoon, en is die voorgestelde formaat van die fees, goed ontvang.
Hoewel dit duidelik is dat daar uitdagings sal wees, waaronder eerstens om ‘n geskikte datum vir die fees te kry, wil dit lyk asof Parysenaars gemaklik is met die fees-idee waarmee die hele gemeenskap betrek sal word vir een groot feestelikheid met verskeidenheid.
Of dit ‘n kunstenaarsoptrede, vriendskaplike rugby- of rolbalkragmeting, kunsuitstalling, wynproe, Koepel-kaskenades, sjef-a-la-cousine, safari-ete, deurnagkuier of watter kreatiewe geleentheid ook al is.
Die plan is dat elke besigheid, instansie, klub of skool in die dorp sy eie unieke feesgeleentheid sal reël en bemark, met die Parys Ontwikkelingsforum wat die oorkoepelende koördinering sal doen, en in ruil ‘n gedeelte van die opbrengs van elke feesgeleentheid sal kry.
Of jy man-alleen, of saam met ander besighede wil kragte saamspan – hierdie is ‘n geleentheid om die dorp en dit wat Parys het om besoekers te bied, te bemark.
Daar sal weer op 27 Mei om 18h00 by Parys Info-kantoor in Waterstraat vergader word oor die beplande fees. ‘n Domefees-koördineerder/direkteur moet ook gekies word.
Jy kan ook die Parys Info-kantoor skakel met idees of vir navrae by (056) 811 4000.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button