
Die Kimberley-kinderkoor kan op Sondag, 25 Augustus tydens die erediens in die NG-gemeente Vredefort gehoor word. Die diens begin om 09:30, maar as jy vroeër kom, kan jy heerlik saamsing en luister na pragtige orrelspel deur Erna Rademan en Matthew Van Wyk. Die koordirigent is Estelle Vorster. Almal is welkom om die pragtige sang tydens die erediens te kom geniet.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



