NewsNews

Perd deur taxi raakgery

Gazette het verlede ook week berig van ‘n geval waar die DBV tot die redding moes kom van twee perde wat met kettings om hul nekke vasgebind was en sonder kos en water gelos is.

Die plaaslike DBV se hulp is weer verlede week deur Nood Mediese Dienste ingeroep nadat ‘n taxi ’n perd op die Parys/Koppies-pad naby die Schonkenville woonbuurt, raakgery het.
Insp. Maggie Singh het die beseerde perd in die veld langs die pad met kopbeserings en ’n ernstige beenfraktuur aangetref.
Die hulp van ’n plaaslike veearts is gekry, maar die perd moes weens die erns van sy beserings van sy lyding verlos word.
Niemand in die taxi is na wat verneem is, beseer nie.


Die eienaar van die perd het tot nou toe nog nie na vore gekom nie. Die DBV sê egter dat rondloperdiere soos hierdie ’n ernstige gevaar vir motoriste inhou.


In nog ‘n voorval op 8 Augustus, is die DBV se hulp die aand om 18:30 ingeroep vir ’n vulletjie by ‘n hostel naby die Tumahole taxi-staanplek.
Die vulletjie is die oggend omstreeks 05:00 gebore, maar kon nie aan die merrie drink nie. Hy was baie swak en is deur die DBV na die veearts geneem, waar hy deurnag gevoed en gemonitor is.
Hy was egter té swak en is die volgende oggend dood. Ook in dié geval kon die vulletjie se eienaar nie opgespoor word nie.
Gazette het verlede week berig van ‘n geval waar die DBV tot die redding moes kom van twee perde wat met kettings om hul nekke vasgebind was en sonder kos en water gelos is.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button