As jy voetseer, uitasem en glad nie lus is vir die winkelsentrum-marteltog op soek na daardie iets anders vir iemand spesiaal nie, dan is hierdie mark jou antwoord vir pure Kersinkopie-plesier.
Geen vertrapping, unieke Kersgeskenke, ‘n rustige atmosfeer en boonop ‘n koffietuin waar jy agteroor kan sit en jou voete ‘n blaaskans kan gee.
Die Parys Kersmark begin hierdie week, Saterdag 14 Desember, en duur tot 23 Desember. Hier kan jy daagliks van 09:00 tot 18:00 tussen oulike en unieke produkte van verskeie uitstallers rondsnuffel, insluitend op 16 Desember.

Die mark word vanjaar vir die twintigste jaar aangbied. Dit het oor die jare bekendheid verwerf vir die pragtige handwerkprodukte. Kom snuffel vir bekostigbare en oorspronklike, bruikbare Kersgeskenke met heelwat nuwe uitstallers, waaronder Jello sandale, unieke leer artikels, heerlike deli-produkte, unieke huisdekor en ook klere vir die voller figuur.
Toegang is gratis. Die mark is in Schilbachstraat 18 (Blikoortjies-kleuterskool se perseel) in Parys.
Toegang is gratis. Die mark is in Schilbachstraat 18 (Blikoortjies-kleuterskool se perseel) in Parys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!