So lyk die syfers in Afrika
Afrika het tans 8 426 positiewe gevalle van Covid-19, aldus Netwerk24. Hiervan is 1585 gevalle in Suid-Afrika. ‘n Totaal van 53 937 mense is reeds in SA getoets vir die virus. Van die nege sterfgevalle wat Suid-Afrika tot duver gehad het, was meestal bejaardes. Dit sluit in ses sterfgevalle in KwaZulu Natal van onder meer …

Afrika het tans 8 426 positiewe gevalle van Covid-19, aldus Netwerk24. Hiervan is 1585 gevalle in Suid-Afrika.
‘n Totaal van 53 937 mense is reeds in SA getoets vir die virus.
Van die nege sterfgevalle wat Suid-Afrika tot duver gehad het, was meestal bejaardes.
Dit sluit in ses sterfgevalle in KwaZulu Natal van onder meer ‘n 80-jarige man, 80-jarige vrou, 81-jarige vrou, 74-jarige man, 63-jarige vrou en 46-jarige vrou.
Gauteng, die Wes-Kaap en Vrystaat provinsies het ook elk 1 sterfgeval.
In die Wes-Kaap het ‘n 48-jarige vrou gesterf, in die Vrystaat ‘n 85-jarige man en in Gauteng ‘n 79-jarige man.
Maar Afrika se syfer is nog relatief laag in vergelyking met die res van die wêreld se syfers.
Amerika het reeds 312 146 gevalle en 8489 Amerikaners het gesterf.
(Bron: Netwerk24)






