
Vir baie Suid-Afrikaners is dit ‘n blye vooruitsig om uiteindelik môre uit die huis te kan kom om te gaan oefen, want ja, wanneer die nasionale staat van inperking vannag om middernag verstryk, sal jy weer kan gaan draf of stap, maar…
Suid-Afrikaners sal volgens vlak 4 inperkingsregulasies net toegelaat word om binne ‘n radius van 5km van hul huise te oefen en dan ook net tussen 06:00 en 09:00 soggens. Oefening mag nog steeds nie in groepverband gedoen word nie. Dit beteken geleenthede soos die baie gewilde parkrun en myrun mag steeds nie gehou word nie. Gimnasiums en sportklubs bly gesluit, en dis nog taboe vir sportbyeenkomste.
As jy gaan stap of draf, mag jy vir wagter saamvat.

Onthou dat jy ook nie saans tussen 20:00 en 05:00 op straat mag wees nie, want vir die eerste keer sedert die noodtoestand in die tagtigerjare in SA, geld daar ook van 1 Mei tydens vlak 4 inperking ‘n aanklokreël vir alle Suid-Afrikaners.





