Hul vlug, SA2289 was die heel eerste SAA vlug om ooit Bali toe te vlieg. Vir die vlugbemanning het die Peacocks net die hoogste lof en waardering. Stacey sê sy het nog nooit sulke uitstaande gasvryheid ervaar nie. Alle administrasie op die lughawe, asook die vervoer vanaf die vliegtuig na die taxi en vandaar na die hotel het seepglad verloop. “Dit was goed georganiseerd” skryf sy in ‘n e-pos aan Vaalweekblad.
Die Peacocks is nou in kwarantyn vir 14 dae alvorens hul na hul tuiste in Carletonville sal terugkeer. Stacey sê hulle word uitstekend behandel en het geen klagtes nie.

Ashley en die vlugkaptein op OR Tambo-lughawe.
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



