News

Tara se tuiskoms ‘n wonderwerk

Tara is terug

Terwyl baie dalk al sou moed opgee, het Lynette de Winnaar van Vanderbijlpark letterlik dag en nag bly soek na die gesin se geliefde Great Dane, Tara, wat op 29 April weggeraak het.

En vandag, op Moedersdag, is Tara, wat soos ‘n kind in die De Winnaar-huishouding is, uiteindelik teruggevind nadat mense letterlik van oraloor die afgelope twee weke gehelp soek het na Tara.

Vanmiddag, Sondag 10 Mei, is Tara skaars 100m van haar tuiste, in ‘n veldjie agter die Spar in Fitzsimmonstraat, SE6 opgemerk.

Hoewel sy baie maer en moeg is na die 11 dae se omswerwinge is daar oneindige vreugde in die De Winnaar huishouding vanaand. Hulle vermoed dat hul hek dalk nie behoorlik toe was nie, en dat Tara bes moontlik so uit die erf gekom het.

Lynette het vandag op haar Facebook-blad  dankie gesê aan almal wat help soek het. “Ongelooflik baie dankie vir elke gebed, elke boodskap, elke liter petrol wat jy uitgery het…as jy nie in wonderwerke glo nie, ek glo weer. Ons dien ‘n groot God, moet dit nooit vergeet nie. My baba is by die huis,” het Lynette in ‘n videoboodskap gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button